On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Gewese finanshoof op borgtog van R80 000 in Pretoria vrygelaat

───   10:08 Sun, 07 Dec 2025

Gewese finanshoof op borgtog van R80 000 in Pretoria vrygelaat  | News Article
Willem Venter moet in Februarie weer in die hof verskyn. Foto: Freepik

Willem Venter (40), voormalige finansiële hoof van Riskfin, moet in Februarie weer in die Pretoriase landdroshof verskyn. Hy is Vrydag (5/12) op borgtog van R80 000 vrygelaat.

Lumka Mahanja, NVG-woordvoerder, sê die bedrog is van 2024 tot 2025 gepleeg  en hy word van bedrog van R91 miljoen aangekla. “Hy het na bewering sy finansiële dienste aan kliënte aangebied, maar versuim om die ooreengekome dienste te lewer en het nooit die kliënte terugbetaal nie.

“Daar word ook beweer hy het maatskappyfondse na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas. Nadat die klaers die maatskappydirekteur in kennis gestel het, is die saak by die polisie aangemeld.”

Mahanjana sê Venter is by sy huis in Garsfontein in hegtenis geneem en het op 24 November vir die eerste keer in die hof verskyn.

Willem Venter het geen foto op sy  LinkedIn-profiel. 

In die borgtogaansoek het Chris Maruma, staatsaanklaer, Venter se vrylating teengestaan en hom as ’n vlugrisiko beskryf omdat hy met ’n Zambiese burger getroud is en slegs een van sy twee paspoorte in sy beëdigde verklaring bekend gemaak het.

Maruma het ook aangevoer een klaer het Venter se inmenging met ’n getuie aangemeld nadat die saak aanhangig gemaak is.

Die landdros het buitengewone omstandighede genoem wat die toestaan van borgtog regverdig. Die aard van die omstandighede is nie bekend gemaak nie.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.