The Good Morning Breakfast
Dowwe Dolla sê finaal "Koebaai!"─── 09:24 Wed, 27 Oct 2021
Dowwe Dolla is so eg Suid Afrikaans soos melktert en koeksusters, maar selfs Dolla verdien 'n ruskans. Sy meen dis tyd om haar hakke op te hang en finaal "koebaai" te sê.
Margit Meyer-Rödenbeck, is ’n Suid-Afrikaanse aktrise, komediant, sosiale kommentator en teatervervaardiger, veral bekend vir haar verhoogkarakter, Dowwe Dolla.
Ons kan eintlik maar sê volksbesit...
Ná jare in die bedryf het "Dolla" nou egter besluit om haar hoëhakskoene op te hang en haar suigstokkie op Gumtree te sit.
Dowwe Dolla kom draai wel Desember in Sentraal-Suid-Afrika en die datums en dorpe sal binnekort bekend gemaak word.
