On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

The Good Morning Breakfast

Sers. Marais Geldenhuys: Die held agter die dodelike R30-pad

───   09:25 Wed, 11 May 2022

Sers. Marais Geldenhuys: Die held agter die dodelike R30-pad | News Article
Sersant Marais Geldenhuys

Sersant Marais Geldenhuys het al talle mense uit die pan op die dodelike R30-pad naby Allanridge in die Vrystaat gered. Alhoewel die pad tans gesluit is, is daar talle nuwe probleme wat nou risiko's veroorsaak.

Na die afloop van talle dodelike ongelukke is die R30-pad tans gesluit. Te danke aan Sers. Marais Geldenhuys is die dodetal kleiner as wat dit moes wees. “Ek onthou ek het een aand op die toneel aangekom en toe ek my weer kry is ek in ‘n kortbroek onder die water besig om mense uit te duik,” sê Geldenhuys.

'n Voertuig beland in die diep water langs die R30-pad.

Alhoewel die pad nou toe is, is daar ander probleme op die alternatiewe roetes. “Die boere stroop en die ompaaie is maar grondpaaie en plaaspaaie. Mense ry vreeslik onverskillig en nou lei dit weer na ongelukke net op ‘n ander plek. Mense moet asseblief veilig wees,” waarsku Sers. Geldenhuys.

Die dodelike R30-pad naby Allanridge in die Vrystaat

ALSO READ: Notorious #R30 road in Free State closed

Luister na die volle onderhoud hier: 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.