On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

The Good Morning Breakfast

Kurt Darren inkapsuleer die 80's in sy nuutste enkelsnit

───   14:10 Wed, 13 Jul 2022

Kurt Darren inkapsuleer die 80's in sy nuutste enkelsnit | News Article

Kurt Darren kuier saam die Good Morning Breakfast span om meer oor sy nuwe liedjie "Die 80's" te vertel. Hy deel ook van sy gunsteling herinneringe van die 80's en praat oor nuwe musiek wat op die horison is.

Die 1980's was 'n wonderlike tyd vir musiek, flieks en radio. Die flieks van die dekade, soos Top Gun, The Terminator en Back to the Future, was van die grootste flieks van alle tye. Die musiek van die dekade, soos Bad Boys Blue en Depeche Mode, het radioluggolwe oorheers. Boonop dit het OFM in 1986 tot stand gekom.

Kurt Darren, wie se loopbaan in die laat 1980’s begin het, het in sy nuwe enkelsnit probeer om alles van die 80’s in een liedjie vas te vang. Kurt verduidelik dat hy ware 80’s klanke vas wou vang deur mooi te luister na hoe kunstenaars in daardie tyd geharmoniseer het en die bas asook die dromme wat kunstenaars gebruik het om sodoende ‘n ware 80’s gevoel te skep.

Darren verduidelik dat hy altyd probeer om op hoogte te bly wanneer dit by musiek kom. Hy het selfs onlangs oor ‘n liedjie gedroom waarna hy in die middel van die aand opgestaan het om dit te begin opneem.

Lees ook: Klein Karlien van Jaarsveld volg in haar naamgenoot se voetspore

Kurt is oortuig daarvan dat “Die 80’s” ‘n moet is vir enige speellys.


Luister na die volledige onderhoud hier:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.