World News
Hoogste gebou ooit Maandag geopen─── 08:50 Sat, 02 Jan 2010

Die Burj Dubai, die wêreld se hoogste gebou, open Maandag amptelik in Doebai. Dié gebou, wat spog met die jongste in ontwerp en konstruksietegnologie, open te midde van 'n ernstige skuldkrisis in dié Golf-emiraat. Emaar, die eiendomsmaatskappy wat die gebou met sy naaldvormige sement-, staal- en glaskonstruksie opgerig het, wil egter nog nie die Burj Dubai se presiese hoogte bekend maak nie. Die maatskappy sê in dié stadium slegs dat die toring hoër as 800 m staan, wat beteken dit is veel hoër as Taiwan se Taipei 101-toring van 508 m. Die toring van 160 vloere, wat bestaan uit 330 000 kubieke meter sement en 31 400 ton staal, kan tot so ver as 95 km gesien word.
Nuus24