On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

World News

16-jarige voltooi solo seilvaart om die aarde

───   08:56 Sat, 15 May 2010

16-jarige voltooi solo seilvaart om die aarde | News Article

Sydney - Groot getalle Australianers het die tiener Jessica Watson vanoggend by Sydney-hawe verwelkom na haar solo om-die-wêreld seilvaart. Die 16-jarige is die jongste persoon ooit om alleen om die wêreld te vaar. Watson het vanoggend in haar pienk seiljag in Sydney aangekom, sowat sewe maande nadat sy op haar tog vertrek het. Familie, vriende en die Australiese Eerste Minister Kevin Rudd, was daar om haar te verwelkom. Watson se ondersteuningspan sê sy het sowat 23 000 seemyle afgelê, maar amptelike bronne sê die 16-jarige het nie ver genoeg noord van die ekwator gevaar om aanspraak op 'n ware omseiling van die aarde te maak nie. Die Wêreld-spoedseilrekord Raad sal ook nie haar tog erken nie, aangesien sy onder 18 is. Watson het haar storie na bewering aan Rupert Murdoch se News Limited vir meer as 4 en 'n half miljoen rand verkoop.

BBC

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.