World News
Koninklike gesin in hul noppies met Kate en William se eersteling─── 06:35 Tue, 23 Jul 2013

Londen - Koningin Elizabeth die Tweede en haar man prins Phillip het in 'n verklaring hul vreugde te kenne gegee oor die geboorte van hulle agterkleinseun, prins William en die hertogin van Cambridge se eersteling.
Die babaseuntjie, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, sal as die prins van Cambridge bekendstaan en is die derde aanspraakmaker op die troon ná sy oupa, prins Charles en sy pa, prins William.
Hy sal ook aan hoof van die Statebond staan.
Die koninklike baba is gistermiddag omstreeks half ses Suid-Afrikaanse tyd gebore nadat Catherine sowat tien ure in kraam was.
Die kind het met geboorte drie komma ses kilogram geweeg.
Die Britse eerste minister, David Cameron het intussen in sy reaksie gesê dit is 'n belangrike gebeurtenis vir die Britse nasie.
BBC