Yellow Door
Die kuns van kos─── ILSE SMALBERGER 15:24 Wed, 19 Jun 2013

Daar is baie verskillende vorme van kuns. Musiek, dans, drama, skilder- en beeldhoukuns is dié vorme van kuns waaraan mens gewoonlik dink, maar vir Ilse Smalberger kan kos en die voorbereiding daarvan ook as 'n kunsvorm beskou word.
Kos is my stokperdjie en my plesier. Soos wat woorde my lewe en inkomste is (ek het in 'n vorige blog hierna verwys), is kos die ding wat my hart so bietjie vinniger laat klop. Ek praat nou nie hier van die vooruitsig van 'n burger en chips by die Spur nie. Nee, kos is vir my baie meer as net die inname van voeding om liggaam en siel aanmekaar te hou. Dit is vir my 'n kunsvorm, 'n manier om kreatief te wees, 'n manier om jouself uit te daag om elke keer beter te vaar, totdat jy uiteindelik volmaaktheid bereik.
Laat ek verduidelik. Bo en behalwe 'n liefde vir skubaduik, The Amazing Race en Cheetah-rugby is die kuns van kos 'n vurige belangstelling wat ek en die Eggenoot deel. Ons gaan ten minste een keer per jaar Kaap toe, net om te eet. Ons besoek die beste restaurante in Suid-Afrika om die kunswerke van die beste sjefs in Suid-Afrika (ten minste twee van hulle is onder die top 100 in die wêreld en na my mening is daar nog 'n hele paar wat op daardie lys behoort te wees) te geniet.
Voor ons reis, lees ons op en vors ons na. Ons blaai deur kostydskrifte om resensies oor restaurante, en onderhoude met sjefs te lees. Ons maak ons lysie: Peter Tempelhoff by The Green House, Luke Dale-Roberts by Test Kitchen, Margot Jansen by The Tasting Room, Bertus Basson by Overture, Michael Broughton by Terroir Restaurant...
Die hele ervaring is 'n sensoriese belewenis wat ons vir dae daarna nog onthou en waaroor ons gesels. Die dekor van die restaurant, die wynkennis van die sommelier, die opmerksaamheid van die kelners en die kos. O, die kos. Niks word aan toeval oorgelaat nie. Hoe dit lyk, hoe dit ruik, hoe die verskillende teksture in jou mond voel, hoe dit proe... Alles is die samekoms van lang ure in die kombuis, van baie voorbereiding, beplanning en resepte oor en oor en oor toets totdat dit absoluut perfek is.
Danksy die ervaring van, en blootstelling aan, die kuns van kos, en natuurlik die slaafse navolging van die Masterchef-reekse (die oorspronklike ene uit Engeland, Australië s'n, Suid-Afrika s'n - ek is verslaaf aan hulle almal!) het dit my eie kulinêre vernuf in die kombuis ook 'n redelike hupstoot gegee. Ek wil elke dag beter en beter kosmaak. Nee, ek is nog nie by geregte soos twee Michelin-ster Engelse sjef, John Campbell, se Stadig Gaargemaakte Beesfillet met Peperwortelroom, Wilde Sampioen-tortellini en Rooiwynsous nie (ons praat immers hier van ses verskillende elemente en 24 stappe), maar macaroni-en-kaas inspireer my nie meer nie.
Dit beteken egter ook dat my standaarde ten opsigte van restaurante aansienlik gestyg het. Ek verwag nie dat elke restaurant waarby ek gaan eet vir my dieselfde ervaring as die sjefs hierbo genoem moet bied nie. Nie almal kan immers vir die Springbokke speel nie. Maar ek stel nie meer belang om by 'n restaurant te gaan eet waar ek die kos net so goed of selfs beter by die huis kan maak nie. Ek is net nie meer bereid om goeie geld te betaal vir kos van 'n minderwaardige gehalte wat swak voorberei is nie; pap en smaaklose pastageregte, droë vis, kos wat vetterig en olierig is, oorgesout of ondergegeur, of wat kunsmatig proe nie. Dan gaan ek eerder huistoe en maak vir my 'n stirfry. Ten minste weet ek dan dat dit wat ek eet, vars en smaaklik is.
Natuurlik geld absoluut niks van bogenoemde as iemand anders vir my kosmaak nie. Dan kan dit baked beans op toast ook wees, en ek sal my lippe aflek en elke krieseltjie geniet. As iemand anders vir jou kosmaak, gee hy/sy van hom- of haarself. Dit is 'n manier om liefde te gee, dankbaarheid te bewys, te koester of te versorg. Sulke kos is ALTYD lekker. Dit proe anders as wanneer jy dit vir jouself maak. Dit is hoekom mens nooit regtig jou ma of ouma se kos kan namaak nie, maak nie saak hoe slaafs jy die resep navolg nie.
Maar my standaarde vir myself, en vir die mense wat ek betaal om vir my kos te maak, is hoër. Daarom is ek ook so uiters teleurgesteld as enige gereg wat ek maak flop. Dit gebeur natuurlik ook. Soms is die resep net verkeerd geskryf (het eendag 'n kos-blog op die Guardian Online gelees, waar verskeie mense gesê het Nigella Lawson se resepte sal jou 8 uit 10 keer pootjie omdat daar so baie foute in is). Maar een van my gunsteling sjefs, Michel Roux Jr, sê altyd 'n goeie nutsman blameer nie sy instrumente as iets fout gaan nie.
Dus sal ek oefen en oefen, my resepteboeke raadpleeg en bly leer in die kombuis, en dankbaar wees vir die Eggenoot en onderskeie familie en vriende, wat altyd entoesiastiese proe(f)konyne om my etenstafel sal wees.