On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
Lekker Landbougenootskap-Boeredag op Hoopstad!

Lekker Landbougenootskap-Boeredag op Hoopstad! Venue: Landbougronde Hoopstad

Die Hoopstad Landbougenootskap-Boeredag vind 15 September 2023 by die landbougronde plaas!

Die dag begin 07:30. Ingang is R50 vir volwassenes, R20 vir skoliere, en gratis vir kinders onder 4 (sluit nie die Steve Hofmeyr vertoning in nie).

Mid-Morning Magic sal Vrydagoggend, 09:00 – 12:00, regstreeks vanaf Hoopstad uitsaai. Waarna Jaco de Waal sal vermaak met OFM Pop Up Radio, 12:00 – 18:00.

Sien uit na:

  • Meer as 100 uitstallers (07:30 – 18:00)
  • Veepraatjie by veekrale (11:00)
  • Demonstrasies van die voorste trekkerfabrikate (11:30 vir 12:00 tot 14:30)
  • Kosverkope (07:30 – 22:00)
  • ‘n Ma-dogter praatjie met Marinda Aucamp (12:00 – 14:30)
  • Kinderpret by Bambi (09:00 – 17:00)
  • Bulletjie rugby “friendly” – Bambi vs Hoërskool Hoopstad (09:30 vir 10:00)
  • Biertent (13:00 – 00:00)
  • Steve Hofmeyr vertoning (18:30 vir 19:00 - 20:30). Koop jou kaartjies by Quicket.co.za
  • Stofstorm (21:00 – 00:00) gratis

Wat maak die Hoopstad-distrik gunstig vir die boerderybedryf? 

  • Die omgewing handhaaf ‘n diversiteit ten opsigte van boerdery. Hier word mielies, sojabone, sonneblomme, koring en pekanneute verbou. Verdere diversiteit word deur veevertakking en wildboerdery aangebied.
  • Groot dele van die Hoopstad-distrik se landerye is watertafellande, wat ‘n groot bate ten opsigte van akkerbou is.
  •  Die gemiddelde reënval is ongeveer 460mm per jaar. Hitte-eenhede is een van die grootste voordele van gewasverbouing.




View All

News

Australië bied wêreld se eerste visum weens klimaatsverandering

Namate stygende seevlakke klein eilandnasies dwing om skuiling te soek, het Australië met ’n projek vorendag gekom.  Read More


Wêreldleiers doen beroep op de-eskalasie ná VSA-aanval op Iran

Diplomatieke druk neem wêreldwyd toe ná VSA-lugaanvalle op drie van Iran se kernaanlegte, met wêreldleiers wat waarsku oor die toenemende risiko van ’n wyer oorlog in die Midde-Ooste.  Read More


Iran-teenaanval volg kort op Israeliese lugaanvalle

Spanning in die Midde-Ooste het nuwe hoogtes bereik toe Israel Vrydagoggend (13/6) onder meer Iran se kern- en militêre fasiliteite, asook die land se hoofuraanverrykingsaanleg in Natanz, geteiken het...  Read More


Rekordhoë kwik voorspel droogtes, oorstromings, veldbrande

Die wêreld staan op die drumpel van ’n gevaarlike nuwe klimaatstydperk, waarsku die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) in sy jongste verslag.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.