
16 Maart 2024
11:00 – 15:00
Jy en jou familie word hartlik uitgenooi na die 76ste Hertzogville Landboufees by die feesterrein in De la Reystraat, Hertzogville. Dit vind plaas op 15 en 16 Maart 2024.
Vrydag is daar SA Vleismerino- en Suffolk-kampioenskappe, Angus, Brangus nie-haltermak kampioenskappe, en optredes deur Daniël Wesley en Riaan Benade.
![]() | ![]() |
Saterdag is daar wynproe, boerbok kampioenskappe, toutrek, tag rugby, poplap netbal, en ‘n Barto optrede. Daar sal ook verskeie stalletjies, uitstallers van implemente, demonstrasies oor die voedingswaarde van tef, asook sorghummeel, amandelmeel en klappermeel, ‘n restaurant, wegneemetes en kontantkroeg, en vermaak vir kinders wees.
Bring jou gesin vir ‘n genotvolle naweek na die Hertzogville Landboufees!
Toegang is R100 vir volwassenes en hoërskoolkinders, R50 vir primêreskoolkinders, en gratis vir voorskoolse kinders.