
This September, OFM turns up the heat with sizzling tunes, celebrating Heritage Month with Friday Braaidays - bringing the best braai beats to a town near you!
Join the OFM team at any of these venues below for some Braai Month fun. Tune in and vote for your favourite braai song from the day’s playlist and you could win a special, limited edition OFM Braai Hamper worth R1 000, which includes tongs, apron, mug, bluetooth speaker, BOKdit cap, and O-mazing socks. To enter, Telegram your selected song to 084 222 9497 with the keyword – braaisong. The winner will be announced live on air toward the end of each outside broadcast.
OFM Friday Braaiday tour schedule:
- 5 September: The Local Choice pharmacy, Towers Bloemfontein (09:00 – 12:00); Total Energies Mandela View, Bloemfontein (12:00 – 15:00)
- 12 September: NWK head office, Lichtenburg (09:00 – 12:00)
- 19 September: VKB, Bethlehem (12:00 – 15:00)
- 26 September: Malu Pork, Kimberley (12:00 – 15:00)
Lewer bydrae tot plaasveiligheid met NWK se Ysterman lusmaker
Datum: 12 September 2025
Plek: NWK-hoofkantoor – Scholtzstraat 81, Lichtenburg
Tyd: 09:00 – 15:00
NWK hou op Vrydag, 12 September 2025 ’n aflos-uitdaging vir besighede as ’n bykomende fondsinsamelingsgeleentheid vir sy Ysterman-iniatief ten bate van Agri Securitas.
Agtergrond: Van NWK se personeel, lede van sy direksie, hul gesinslede en ander ondersteuners uit die gemeenskap gaan op 16 November aan ’n Ysterman in Mosselbaai deelneem. Daar sal agt solo-deelnemers wees, asook 12 aflosspanne wat 1,9 km gaan swem, 90 km gaan fietsry, en 21,1 km sal hardloop. Die inisiatief is op die aanlynplatform GivenGain geregistreer, waar skenkings tot elke deelnemer se profiel, of die inisiatief in sy geheel, gemaak gaan word. Die mikpunt is om R1 miljoen vir Agri Securitas in te samel. Dié trustfonds beywer hom vir die beveiliging van boere en hul werkers deur die daarstelling van infrastruktuur soos sekuriteitskameras, valhekke en koeëlvaste baadjies. Traumaberading word ook aan slagoffers van plaasaanvalle beskikbaar gestel soos nodig.
Op 12 September gaan NWK ’n lusmakertjie in aanloop tot dié Ysterman aanbied in die vorm van ’n aflos-uitdaging vir besighede. Sake-ondernemings kan mans-, vroue- of gemengde aflosspanne inskryf. Hulle moet aan drie dissiplines deelneem – roei, fietsry en hardloop op masjiene – vir 10 minute elk. Die spanne wat die verste afstande in die onderskeie kategorieë aanteken, wen!
Inskrywingsfooiebeloop R1 000 per span en die uitdaging sal van 09:00 tot 15:00 plaasvind. Wenspanne sal wegstap met ? pragtige trofee en sal die komende Maandag by kollegas kan spog met hul prestasie.
OFM-omroeper Shandor Potgieter, self ’n ywerige Ysterman-deelnemer, sal as seremoniemeester van die aflos-uitdaging optree.
September is braaimaand en daar sal heerlike hamburgers en worsbroodjies deur NWK4Sure te koop wees. Hulle sal ook pannekoek vir die soettande bak en te koop aanbied. Alle opbrengste sal tot die Ysterman-iniatief ten bate van Agri Securitas gaan.
Diegene wat kontantskenkings maak op die dag, kan aan OFM se “spin the wheel” deelneem en pryse wen. Kontantskenkings van R50 of meer kwalifiseer vir gelukkige trekkings wat opwindende pryse deur NWK se onderskeie departemente insluit, soos die installering en opstel van ? weerstasie deur AgTech@NWK; koopbewyse vir enige drukwerk deur Creations@NWK; koopbewyse vir smullekker etes by BlackSteer; 150 kg kunsmis vir jou tuin; karwasse by Lichtenburg Total Energies; koopbewyse by Mogaladi Fuel, Econobuild, en meer.
Hou NWK Limited se Facebookblad dop vir meer inligting.