
Die fees wat jou hart steel is 4 – 7 September 2025 terug in Kimberley. Maak gereed vir 'n onvergeetlike ervaring by Yonder Hartsfees 2025, wat plaasvind by Malu Park, Kimberley! Ervaar vier dae van musiek, kos, kultuur en liefde by die Yonder Hartsfees – waar elke hart ’n storie het.
Op die verhoog: Spoegwolf, BlackByrd, Early B & Justin Vega, Emo Adams en ‘n hele rits plaaslike talent. Geniet ook die Bokke teen die All Blacks op die groot skerm, kroeg en biertuin, plus hope kindervermaak, pretpark, en kom koop en smul na hartelus by die mark.
Die OFM Top 30 met Laurika du Preez saai regstreeks uit 09:00 – 12:00 op Saterdag, 6 September.
Kaartjies is beskikbaar by Open Tickets.
Deur die Noord-Kaapse Geestesgesondheidsvereniging te ondersteun, help jy om hoop, vaardighede en beter sorg aan mense met geestesgesondheidsuitdagings te bied. Jou bydrae maak dit moontlik om lewens te verbeter en die vaardigheidsontwikkelingsprogram regoor die Noord-Kaap uit te brei. Elke rand versterk ons hande om waarde en waardigheid terug te gee aan dié wat dit die nodigste het.
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |
![]() | ![]() |