Venue: Hoërskool Sentraal, Louw Wepenerstraat 29, BloemfonteinDie VKB Sentraal Sport Toernooi vind vanaf 29 April tot 2 Mei 2026 plaas by Hoërskool Sentraal, Louw Wepenerstraat 29, in Bloemfontein.
Mid-Morning Magic sal op 30 April regstreeks vanaf die toernooi uitsaai.
Dis meer as net ’n toernooi – dis ’n platform waar jong talent kan groei en skitter. Met 1600 atlete en meer as 100 spanne, bring die VKB Sentraal Sport Toernooi skole van regoor die streek bymekaar vir ’n onvergeetlike sportervaring.
Verwag top gehalte aksie met 62 rugbyspanne en 50 netbalspanne, plus ’n lewendige, familie-vriendelike atmosfeer. Sien uit na stalletjies, heerlike steak-etes, speelareas vir kinders en hope vermaak, soos Jan Rhaap (Donderdag), Riaan Rooikrans (Vrydag), en Oud Tralies klubwedstryde.
![]() | ![]() |
Kom ondersteun die spanne, geniet die aksie, en wees deel daarvan om kinders die kans te gee om te speel, raakgesien te word en hul volle potensiaal te bereik.
Geborg deur VKB, Skilltracer en Edutrace, met vennote Everest Wealth en Zuco.



