Die Mooirivier Kersmark vind vanjaar van 24 November tot 3 Desember 2022 plaas en beloof om iets van alles aan te bied om die Kersseisoen behoorlik laat skitter. Meer as 90 uitgesoekte uitstallers sal kwaliteit teen bekostigbare pryse aan inkopiegangers bied. Om elke hoek en draai sal iets wees wat jou aandag trek en jou sal verras. Vergeet van moeë voete, min verskeidenheid en duur impulsiewe besluite omdat jy net nie daardie spesiale kersgeskenk kan kry nie. Die Mark bied ‘n legio keuses: opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, klere, leer-en houtgeskenke, juwele, boeke, bykomstighede en allerlei lekkernye. En wanneer jy tussendeur ‘n versterkinkie nodig het, is daar ‘n restaurant wat heerlike bekostigbare ligte etes, vars gebak en ietsie te drinke bedien. Daar is saans vanaf 17:30 ook ‘Die Tafel’ wat elke aand ‘n spesiale buffet-ete te koop aanbied wat ook huis toe geneem kan word. Hou ons Facebook-blad, https://www.facebook.com/mooirivierkersmark, dop vir die spyskaart. Kom doen jou kersinkopies in 'n kalm en rustige atmosfeer!
MOOIRIVIER KERSMARK
Venue: Gereformeede Kerk Potchefstroom Oos
| Event date: 24 November 2022, 09:00
| Area: North West
| City: Potchefstroom
| Address: Parys Laan, Baillie Park, Potchefstroom
| Contact Number: 0182907690
| Contact Email: KERKKANTOOR@OOSDOPPERS.CO.ZA
Advertisement
Advertisement