On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Laerskool Groblershoop 4x4 dag te Waterford

Laerskool Groblershoop 4x4 dag te Waterford

Laerskool Groblershoop tesame met Suzuki Upington, bied ‘n uitdagende 4x4 ry geleentheid aan in die Kalahari se rooiduine. Kom wys die krag van jou voertuig en wen wonderlike kontantpryse. Hierdie is die ideale langnaweeek wegbreek met wonderlike kampplek en laataand musiek en kuier! Waterford, dit het 'n tweespoor-roete wat skilderagtig en genotvol is, maar dit het ook 'n paar taai duine wat jou voertuig en jou ry vernuf af en toe deeglik sal toets. Die roete is maklik genoeg om voorsiening te maak vir beginners, maar het genoeg moeilike stukke om ervare bestuurders tevrede te stel. En hoewel die Noord-Kaap beswaarlik as 'naby' aan Johannesburg of Kaapstad beskryf kan word, is dit meer toeganklik as die Namib. So, as jy moeg is vir rotskruipery en iets anders wil ervaar, of jy soek ’n verskoning om ’n oorland-avontuur aan te pak, hoekom nie Noord-Kaap toe kom nie? Kom beleef Noord-Kaap gasvryheid en bring jou familie, vriende en kom kuier die langnaweek saam met ons!

Venue: Waterford 4x4 (Waterford Cabins)  | Event date:  10 August 2024, 07:00  | Area:  Northern Cape  | City:  Groblershoop  | Address: Volop, N8, 8850  | Contact Number:  0827899813  | Contact Email:  Christinebecker083@gmail.com
View All

News

Netanyahu beloof sterk optrede ná moord op ses

Israel se premier Benjamin Netanyahu beloof “elkeen wat gehelp het” sal gevang word ná ’n skietvoorval in Jerusalem Maandagoggend (8/9) in Jerusalem waarin minstens ses mense dood is.  Read More


Onthul ‘privaat gesprek’ Poetin wil vir ewig leef?

Dit gons wêreldwyd oor ’n “privaat” gesprek tussen die Russiese en Chinese presidente oor orgaanoorplantings en onsterflikheid wat per abuis vasgevang is deur ’n “warm mikrofoon” tydens ’n militêre...  Read More


Tiener Sondag heilig verklaar 19 jaar ná sy dood

’n Brits-Italiaanse tiener (15) word Sondag 19 jaar ná sy kankerdood die eerste lid van die milleniër-generasie wat deur die Rooms-Katolieke Kerk heilig verklaar word.  Read More


‘Asemrowend vreemde’ dinosourus met meter lange stekels ontdek

Wetenskaplikes is verstom oor die geweldige pantser en uitsteeksels wat deel is van ’n buitengewone nuwe dinosourusfossiel wat naby die Marokkaanse dorp Boulemane ontdek is.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.