Sanger-liedjieskrywer en storieverteller, Luna Paige bring musiekliefhebbers 'n versameling liedjies wat die omvattende aard van liefde vier. In OCEANIC HEART sing sy oor romantiese liefde tussen vriende en familie, sowel as die diep verbintenis tussen mense en hul diere. Sy sing oor liefde vir die natuur, reis, en die belangrikste – selfliefde. Benewens haar oorspronklike materiaal, sing Luna haar eie weergawe van bekende liedjies deur kunstenaaars soos Dolly Parton, Norah Jones, Carole King, Nick Cave, Neil Young, Janis Joplin in. Luna is bekend vir haar besonderse liedjies en kragtige stem. Sy begelei haarself op akoestiese kitaar en elektriese klavier en sing in beide Afrikaans en Engels. Veilige parkering op die perseel met sekuriteitswagte! Deure 17:30. Konsert 18:00. Kaartjies: R150 Kaartjieverkope: www.quicket.co.za. Ligte verversings kan vooraf op Quicket bestel word. Bring u eie wyn / drinkgoed.
Luna Paige met 'Oceanic Heart' by NALN
Venue: NALN (Nasionale Afrikaanse Literere Museum en Navorsingsinstituut)
| Event date: 16 April 2025, 17:30
| Area: Free State
| City: Bloemfontein
| Address: Merriam Makeba St, Bloemfontein Central, Bloemfontein
| Contact Number: 0828592420
| Contact Email: lunapaigemusic@gmail.com
Advertisement
Advertisement