Rouxville Boeredag is 'n dag vir die hele gesin met aktiwiteite van jonk tot oud. Daar is 'n kindertuin area wat kinders die dag lank besig hou en 'n groot verskeidenheid van kos en produk stalletjies. Aktiwiteite skop af met die gewilde oggend Fietsrit en Pretdraf roetes en word gevolg deur: Toutrek, Sterkman en Pensteek kompetisies. Daar is baie pryse op die spel. Vir die eerste keer is daar 'n spesiale ATKV verhoog produksie vir kinders: "Daisy Die Melker". 'n Groot kuiertent met deurlopende vermaak is reg langs die gewilde "Veepos" kroeg. Die dag eindig op 'n hoogtepunt met vertonings deur passievolle musikant "Fran Prins" en die musikale duo "Die Piesangskille" wat hul treffers met almal kom deel. Toegangskaartjies sluit al die aktiwiteite en vermaak in. Beste prys kaartjies is slegs aanlyn tot 20 Feb beskikbaar op: www,rouxvilleboerdag.co.za. Kaartjies kan ook op die dag by die ingang gekoop word. Moet nie uitmis op die jaarlikse groot Rouxville Boerefees nie!
Rouxville Boeredag
Venue: Rouxville Landbousaal & Vendusiekrale
| Event date: 21 February 2026, 10:00
| Area: Free State
| City: Rouxville
| Address:
| Contact Number: 082 410 6947
| Contact Email: admin@rouxvilleboeredag.co.za
