Lewende Woord Bloemfontein nooi alle laerskoolkinders uit na Jump for Jesus Night op Vrydag 10 April 2026 vanaf 16:00 - 19:00. Dit gaan ’n middag vol pret, energie en geloof wees met opblaasspeelgoed, kosstalletjies, gesigverf en hope lag. Ons sluit die aand af met ’n spesiale aanbiddingsgeleentheid waar ons saam die Here aanbid. Die hart agter hierdie projek is nie net om fisieke hulp te gee nie, maar ook om KruisKidz-kinders te leer om te dien, om te gee en om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Deur hierdie aand wil ons geld insamel om wintersklere en Bybels vir kinders in Engo-jeugsentrums te voorsien – sodat hulle nie net warm kan wees nie, maar ook die liefde van Jesus kan ervaar. Kom spring, lag en aanbid saam met ons – en wees deel van iets wat ’n ware verskil maak. Koste is R90,00 per persoon. Vir navrae, kontak Elizma Kriel. Bespreek jou plek by Quicket: https://www.quicket.co.za/events/347963-jump-for-jesus/#/
Lewende Woord Bloemfontein Jump for Jesus
Venue: Lewende Woord Bloemfontein
| Event date: 10 April 2026, 16:00
| Area: Free State
| City: Langenhovenpark; Bloemfontein
| Address: Faan Ferreira laan 20A
| Contact Number: 082 773 41 03
