On Now
Weekends 13:00 - 16:00
Saterdag Siësta Yvette
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Liefde KOSMOS Niks

Liefde KOSMOS Niks

SAVF Rethabile Klerksdorp Kinderhuis Fondsinsamelingsgeleentheid: “Liefde Kosmos Niks” Die SAVF Rethabile Kinder- en Jeugsorgsentrum bied ’n veilige en liefdevolle tuiste aan 150 kinders wat sorg, beskerming en hoop nodig het. Ons werk kan slegs voortgaan danksy die ruimhartige ondersteuning van ons gemeenskap, besighede en organisasies. Op 4 Julie 2026 nooi ons jou hartlik uit na ons spesiale fondsinsamelingsgeleentheid met die tema “Liefde Kosmos Niks” – ’n dag wat gewy word aan gee, omgee en ondersteuning vir ons kinders. Die geleentheid is in die vorm van ’n Tee met 20 tafels, elkeen versier deur ’n toegewyde gasvrou volgens die tema. Elke tafel word versier met items wat ons kinders benodig – van koslikke en skryfbehoeftes tot sokkies, onderklere en toiletware – wat ná afloop van die dag aan die Kinderhuis geskenk word. Ons nooi die gemeenskap uit om saam te werk: kom woon die oggend by, dek of borg ’n tafel, skenk of borg geskenke wat ons kan uitlood. Liefde kos mos niks – maar dit verander lewens! Kontak ons by 083 379 7811 vir deelname en navrae.

Venue: City on a Hill Church  | Event date:  04 July 2026, 08:45  | Area:  North West  | City:  Klerksdorp  | Address: 30 Steyn straat, Wilkiville  | Contact Number:  0833797811  | Contact Email:  rethabileCYCC.reception@savf.co.za
View All

News

Olieprys hoër met Islamabad-gesprek in weegskaal

Die olieprys styg weer terwyl wêreldmarkte terugsak te midde van kommer dat die VSA-Iran-skietstaking nie lank gaan hou nie en stygende spanning oor die Seestraat van Hormoes.  Read More


China steps in as ‘guardian’ in high-stakes US–Iran cease-fire

A two-week cease-fire between the US and Iran, struck just hours before the deadline set by Donald Trump, is placing China firmly in the spotlight as a potential stabilising force in one of the...  Read More


Kenia treur ná dood van ikoniese olifant

Die Amboseli Nasionale Park in Kenia het Saterdag (3/1) bekend gemaak sy legendariese olifant, Craig (54), is dood. Hy was bekend vir sy reusetande en kalm en waardige persoonlikheid.  Read More


Minstens twee sterf in aardbewing in Mexiko

Minstens twee mense is Vrydag (2/1) in die sentrale en suidelike dele van Mexiko dood in ’n aardbewing met ’n sterkte van 6,5.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.