AP Kerk Schweizer-Reneke nooi die hele gemeenskap hartlik uit na ons jaarlikse Basaar op Saterdag, 13 Junie 2026 vanaf 10:00. Vanjaar se tema is “Die lewe is ’n lied” – kom geniet ’n dag vol lekker kuier, heerlike kos en pret vir die hele gesin! Daar gaan iets wees vir almal om te geniet. Smul aan heerlike sosaties, pannekoek, potjiekos, shawarma, braaivleis, besoek ons teetuin, en geniet koek, klein koekies, terte, nagereg en rouvleis, plus nog baie meer. Vir die kinders is daar hope pret met vissie vang, treintjie, springkasteel en teikenskiet. By die teikenskiet is daar ook ’n groot prys op die spel – ’n Gemsbokbul! Trek ook soos ’n Afrikaanse liedjie aan en staan ’n kans om wonderlike pryse te wen. Die best dressed man en vrou kan elk ’n R3000 basaar koopbewys wen. Kom ondersteun ons gemeente, geniet ’n heerlike dag saam met familie en vriende, en maak mooi herinneringe.
AP KERK Schweizer-Reneke Bazaar
Venue: AP Kerk Schweizer-Reneke
| Event date: 13 June 2026, 10:00
| Area: North West
| City: Schweizer-Reneke
| Address: Markson straat 54, 2780
| Contact Number: +27 82 944 0772
| Contact Email: mahnegnade@gmail.com
