Die Tri-Sport Event van die Stilbaai Sportforum moes onlangs die datum herskeduleer a.g.v. die onlangse reëns en vloede wat die Suid-Kaap getref het. Die nuwe datums is 26 & 27 Junie! Daar word drie sporte gespeel in 'n spesifieke sportdissipline en hierdie jaar is daar twee Tri-Sport-kompetisies! Die Tri-Racket (Pluimbal, Muurbal en Padel) asook die Tri-Target-kompetisie (9mm Skiet, Boogskiet en Teikenskiet met 'n veerpyl). Inskrywings via WhatsApp: 084 503 8481 Inskrywings: R350 per atleet per afdeling, dit wil sê, al drie sporte is ingesluit by die prys vir daardie spesifieke kompetisie per deelnemer. Die Tri-Racket kan net in spanne ingeskryf word. Die Tri-Target kan in spanverband of individueel voor ingeskryf word. Indien jy nie enige van die toerustig het om deel te neem nie - sal daar toerusting beskikbaar gemaak word vir jou om van gebruik te maak by elke sportsoort. So wou jy nog ALTYD jou hand waag aan een van hierdie sporte... dan is dit nou die geleentheid om hulle te kom 'TRI' by die Tri-Sport Event! Atlete van sentraal Suid-Afrika is welkom om in te skryf en deel te neem.
Stilbaai Sportforum - Tri-Sport Event
Venue: Stilbaai
| Event date: 26 June 2026, 09:00
| Area: Free State
| City: Stilbaai
| Address:
| Contact Number: 084 503 8481
