Dit is vir ons ’n voorreg om u hiermee in kennis te stel dat die President Kruger Kinderhuis weer vanjaar ons jaarlikse gholfdag gaan aanbied op 10 Augustus 2026 op Smithfield. Die doel van hierdie geleentheid is om fondse in te samel wat aangewend sal word vir die kinders se sportaktiwiteite, asook naskoolse opleiding en ontwikkeling. Oor die afgelope ongeveer 20 jaar het hierdie gholfdag gegroei tot ’n suksesvolle en betekenisvolle fondsinsamelingsprojek, moontlik gemaak deur die lojale ondersteuning van vriende van die kinderhuis, borge en betrokkenes uit die gemeenskap. Ons wil u en u maatskappy graag uitnooi om deel te word van hierdie besonderse geleentheid deur middel van ’n borgskap of enige bydrae. U ondersteuning sal nie net ’n direkte verskil in die kinders se lewens maak nie, maar sal ook aan deelnemers en ondersteuners van regoor die land blootstelling aan u maatskappy bied. Enige borgskap, pryse, kontantbydrae of ondersteuning sal opreg waardeer word. Ons wil u reeds by voorbaat hartlik bedank vir u bereidwilligheid om die kinders van die President Kruger Kinderhuis te ondersteun. Met u hulp kan ons voortgaan om vir hulle geleenthede en ’n beter toekoms te skep.
REDDERSBURG KINDERHUIS GOLFDAG
Venue: Smithfield Golfbane
| Event date: 05 September 2026, 08:00
| Area: Free State
| City: Smithfield
| Address:
| Contact Number: CHRIS 0840984061 OF ELIZE 0725675629
| Contact Email: Christiaans@reddersburgkinderhuis.co.za
