On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Pulane
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with OFM
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Hoola-la saam met Genade in Aksie en Ansie Fourie!

Hoola-la saam met Genade in Aksie en Ansie Fourie!

Genade in Aksie nooi jou na "Hoola-la" saam met Ansie Fourie! Kom geniet 'n aand propvol lag, inspirasie en ongelooflike hoelahoep-vermaak saam met Ansie Fourie. Met haar aansteeklike energie en humor wys sy dat 'n mens nooit te oud is om die lewe ten volle te geniet nie. Hierdie unieke fondsinsamelingsgeleentheid beloof om die hele gesin te vermaak, terwyl jy ook help om 'n verskil in ons gemeenskap te maak. Alle opbrengste word aangewend om Genade in Aksie se projekte te ondersteun, waaronder voedselhulp, noodleniging, mediese vervoer en praktiese ondersteuning aan behoeftige gesinne in en om Bloemfontein. Elke kaartjie dra direk by om hoop te bring vir behoeftige gesinne in die gemeenskap. Die geleentheid vind plaas op Saterdag, 10 Oktober 2026, by Slightly Nutty in Bloemfontein. Toegang kos R250 per persoon, met 'n heerlike ete ingesluit. Bring jou familie en vriende en kom geniet 'n aand vol pret, inspirasie en omgee. Om jou plek te bespreek, kontak Maureen by 082 894 3013. Besoek ook www.genadeinaksie.co.za of volg Genade in Aksie op Facebook vir meer inligting. Ons sien daarna uit om jou daar te verwelkom!

Venue: Slightly Nutty  | Event date:  10 October 2026, 10:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address: W84Q+X4, Maselspoort Road, Riverside Small Holdings, Bloemfontein 9301  | Contact Number:  0828943013  | Contact Email:  maureen.oosthuizen1@gmail.com
View All

News

VSA wil teregstelling van majoor regstreeks uitsaai

Die beplande teregstelling van ’n voormalige Amerikaanse weermag-majoor op 3 Desember sal moontlik direk uitgesaai word.  Read More


Andrew betwis wettigheid van Britse polisie se optrede teen hom

’n Britse hof beslis Donderdag (8/10) oor die wettigheid van Andrew Mountbatten-Windsor se inhegtenisneming in Februarie.  Read More


Skotse ‘eilandfamilie’ vier eerste baba in dekades

Die eerste baba in meer as 30 jaar is vroeër vandeesmaand op ’n afgeleë eiland in die Skotse argipel Orkney gebore.  Read More


Slimhouers, streng reëls bekamp Suid-Korea se kosafval; New York wil ook

Suid-Korea het daarin geslaag om die hoeveelheid huishoudelike kosafval wat op stortingsterreine beland, van 97% tot bykans nul te verminder. Nou probeer New York dié sukses navolg.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.