On Now
Weekends 09:00 - 13:00
The Central SA Top 40 Pulane
Show Background
NEXT: 13:00 - 16:00 Saterdag Siësta with OFM
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: Arlington 80 Motorfietsdag

Arlington 80 Motorfietsdag

Arlington 80 Motorfietsdag Kom beleef egte Vrystaatse gasvryheid by die Arlington 80 Motorfietsdag & Gesinsdag op Saterdag 10 Oktober 2026 by NG Kerk Arlington. Motorfietsryers kan 'n ontspanne 80 km roete deur die pragtige grondpaaie van die Vrystaatse platteland geniet, terwyl die res van die gesin ontspan by die handwerkmark, lekker eetgoed en verversings geniet, of die kinders dophou op die kleinspan se Wieletjiesbaan. Inskrywings begin om 08:00, wegspring is om 10:00. Die Wieletjiesbaan is vir kinders van voorskool tot 10 jaar oud, kinders moet hul eie skopfietse, plastiekmotorfietse of balansfietse bring. Of jy nou 'n motorfietsryer is of net op soek is na 'n heerlike gesinsdag op die platteland, daar is iets vir almal. Datum: Saterdag 10 Oktober 2026 Plek: NG Kerk Arlington Vir navrae oor die 80km rit kontak Braam by: 082 822 7976 Vir navrae oor die mark of om uit te stal kontak Tallie by : 0823115544 Kom geniet die dag saam met ons!

Venue: NG Kerkterrein, Kerkstraat  | Event date:  10 October 2026, 10:00  | Area:  Free State  | City:  Arlington  | Address: Kerkstraat  | Contact Number:  0828227976  | Contact Email:  arlingtonmotorfietsdag@gmail.com
View All

News

VSA wil teregstelling van majoor regstreeks uitsaai

Die beplande teregstelling van ’n voormalige Amerikaanse weermag-majoor op 3 Desember sal moontlik direk uitgesaai word.  Read More


Andrew betwis wettigheid van Britse polisie se optrede teen hom

’n Britse hof beslis Donderdag (8/10) oor die wettigheid van Andrew Mountbatten-Windsor se inhegtenisneming in Februarie.  Read More


Skotse ‘eilandfamilie’ vier eerste baba in dekades

Die eerste baba in meer as 30 jaar is vroeër vandeesmaand op ’n afgeleë eiland in die Skotse argipel Orkney gebore.  Read More


Slimhouers, streng reëls bekamp Suid-Korea se kosafval; New York wil ook

Suid-Korea het daarin geslaag om die hoeveelheid huishoudelike kosafval wat op stortingsterreine beland, van 97% tot bykans nul te verminder. Nou probeer New York dié sukses navolg.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.