Die Upington Rotary Klub bied op die 5de September 2026 weer ‘n fondsinsameling vir minder bevoorregte kinders wat Arbeidsterapie benodig aan. Die dag het die lig gesien na die skielike en onverwagse dood van my vrou Elmanda Fourie wat ‘n Arbeidsterapeut was in Upington en oor 25 jaar so baie kinders deur haar praktyk gehelp het. Die dag se naam is RooiLip Run, na gelang van haar kenmerkende rooi lippe wat sy altyd gedra het en bekend voor gestaan het. Die dag behels ‘n 5km en 10km FunRun en stap vir almal wat belangstel, gesinne en mense wat ‘n bydrae wil maak ons die werk van my vrou deur ons as Rotariërs voort te sit. Donasie Fooi R150 [R50 onder 14]. Pret vir die hele Familie. Eerste 100 inskrywings kry ń Goody Bag en Medalje. Borge: DESERT WOLF SPUR | Upington Toyota | ROTARY Vir meer inligting besoek: https://rooiliprun.co.za/
RooiLip Run
Venue: Boeretroos, 137 Schröder Street, Upington
| Event date: 05 September 2026, 08:00
| Area: Northern Cape
| City: Upington
| Address:
| Contact Number: 0828211025
| Contact Email: uptrotaryextreme@gmail.com
