Zastron Gekombineerde Skool vier 150 jaar! Zastron Gekombineerde Skool vier vanjaar ’n besondere mylpaal – 150 jaar van herinneringe, tradisie en gemeenskap! Kom vier saam tydens ons groot 150 Jaar Feesnaweek op 25 en 26 September 2026 in Zastron. Op Saterdag 26 September wag daar ’n propvol feesprogram vir die hele gesin met uitstallers, verskafferstalletjies, kindervermaak, ’n vroueprogram, revue-optredes, oudskoliere-sport en heerlike feesgees. Op die verhoog kan feesgangers uitsien na Liesel Thormahlen, Klankgrens en ’n spesiale Afrifees met Pieter Smith en Riaan van Rensburg. Venterhuis Sportgronde, Zastron Feesdagtoegang: R150 volwassenes | R50 skoliere Oud-Zassies, families, boere en vriende van oraloor – kom kuier, onthou en vier 150 jaar saam met ons!
Zassies 150 Jaar Fees
Venue: Zastron Gekombineerde Skool Venterhuis sportgronde
| Event date: 26 September 2026, 10:00
| Area: Free State
| City: Zastron
| Address: 1 Bergstraat
| Contact Number: 0833845216
| Contact Email: amandre.jonk@gmail.com
