Ons nooi jou hartlik uit na Redeeming Love se jaarlikse viering! Vanjaar vier ons twee jaar sedert ons veilige hawe sy deure oopgemaak het. Ons vier elke saadjie wat gesaai is en vertrou dat dit op die regte tyd ’n oorvloedige oes sal oplewer. Kom deel hierdie besondere oggend saam met ons en luister na die getuienisse van meisies saam met wie ons ’n pad stap, verhale van hoop, herstel en`n nuwe begin. Nooi mense saam om hierdie besondere oggend met ons te deel! Ons sien daarna uit om hierdie mylpaal saam met jou te vier! Koste is R150,00 per persoon wat `n ontbyt, koffie/sap insluit. Bespreek jou plek by Liezle Pretorius
Redeeming Love se Jaarlikse Viering
Venue: Koekela Huiskafee
| Event date: 10 October 2026, 09:00
| Area: Free State
| City: Westdene; Bloemfontein
| Address: Reid straat 17
| Contact Number: 082 500 22 23
