On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Ashmund
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: President Steyn Manneaand

President Steyn Manneaand

HOËRSKOOL PRESIDENT STEYN SE JAARLIKSE MANNEAAND! |Maak jou reg vir ’n aand vol groot sport, groot vermaak en groot gees! Die Hoërskool President Steyn se Jaarlikse Manneaand het oor die afgelope drie jaar gegroei tot een van Bloemfontein en die Vrystaat se grootste sport- en korporatiewe geleenthede, met sowat 1 600 gaste van regoor Suid-Afrika. Verwag ’n aand propvol opwinding, met ons gewilde boksprogram, besonderse vermaak, uitstekende netwerkgeleenthede en eksklusiewe items en ervarings wat opgeveil word. Maar dit gaan oor meer as net ’n lekker aand! Die opbrengs van die geleentheid word aangewend om Hoërskool President Steyn en ons leerders se ontwikkeling en behoeftes te ondersteun. Van Suid-Afrika se grootste sportname was reeds deel van hierdie besondere aand – waaronder Dricus du Plessis, Rassie Erasmus en lede van die Springbok-bestuurspan. Vanjaar verwelkom ons Rassie Erasmus en verskeie Springbokspelers weer! So, bring jou vriende, kollegas en sakevennote en kom beleef ’n aand wat jy nie wil misloop nie! President Steyn Mansete – Groot Sport. Groot Gees. ’n Groter Doel! Hoërskool President Steyn – waar sport, gemeenskap en geleenthede saamkom!

Venue: Geelklip Middelwater  | Event date:  14 October 2026, 18:00  | Area:  Free State  | City:  Bloemfontein  | Address:  | Contact Number:  0662312694  | Contact Email:  bianca20sept@gmail.com
View All

News

VSA wil teregstelling van majoor regstreeks uitsaai

Die beplande teregstelling van ’n voormalige Amerikaanse weermag-majoor op 3 Desember sal moontlik direk uitgesaai word.  Read More


Andrew betwis wettigheid van Britse polisie se optrede teen hom

’n Britse hof beslis Donderdag (8/10) oor die wettigheid van Andrew Mountbatten-Windsor se inhegtenisneming in Februarie.  Read More


Skotse ‘eilandfamilie’ vier eerste baba in dekades

Die eerste baba in meer as 30 jaar is vroeër vandeesmaand op ’n afgeleë eiland in die Skotse argipel Orkney gebore.  Read More


Slimhouers, streng reëls bekamp Suid-Korea se kosafval; New York wil ook

Suid-Korea het daarin geslaag om die hoeveelheid huishoudelike kosafval wat op stortingsterreine beland, van 97% tot bykans nul te verminder. Nou probeer New York dié sukses navolg.  Read More


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.