On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

Provinsiale Verkeersdepartement in Bfn moontlik tot Dinsdag gesluit

───   MARK STEENBOK 15:04 Wed, 28 Mar 2018

Provinsiale Verkeersdepartement in Bfn moontlik tot Dinsdag gesluit | News Article

Die Lengau Provinsiale Verkeersdepartement in Bloemfontein sal na verwagting eers weer Dinsdag sy deure vir die publiek oopmaak.


OFM-nuus het reeds vroeër vandag klagtes van die publiek ontvang dat die sentrum vroeg vanoggend sy deure gesluit het. Dit terwyl verkeersbeamptes aangedui het dat verkeersdienste nie tot stilstand geruk sal word omdat regeringsbeamptes die omstrede afskeidspartjie van voormalige Premier Ace Magashule gaan bywoon nie. 

Die inhuldiging van Sisi Ntombela as nuwe premier word ook tydens dié partytjie gevier. OFM-nuus het vroeër berig dat beamptes amptelike toestemming gekry het om hulle poste vanoggend te verlaat om by die vieringe aan te sluit. 

Met OFM-nuus se aankoms by die verkeersentrum was een van die hekke by die sentrum selfs gesluit en die gebied voor die ingang was afgebaken. Voertuie is ook een vir een weggewys. 

‘n Beampte wat by die hek werk, het aan OFM-nuus vertel dat die verkeersdepartement gesluit is en eers weer Dinsdag sy deure gaan open. Die rede hiervoor is dat dieselfde omsendbrief ook beamptes toestemming gee om vroeër op Paasnaweek te gaan. Die woordvoerder vir die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer, Hillary Mophete, het nog nie op OFM-nuus se navrae gereageer nie.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.