On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Cheetahs kies vierde kaptein in soveel wedstryde - Brussouw begin

───   08:41 Wed, 09 Mar 2011

Owen Kock

Bloemfontein. – Die Toyota Cheetahs het hul vierde kaptein in net soveel wedstryde gekies vir Saterdag se Super Rugby wedstryd teen die Lions in die Vrystaat Stadion en Herinrich Brussouw is in die beginspan ingesluit.

Die Springbok-senter Andries Strauss neem die leisels by Naas Olivier oor, wat op sy beurt plek maak vir Sias Ebersohn. Olivier is saam met Kabamaba Floors op die plaasvervangerbank gekies.

In die beginspan is daar ses veranderinge gemaak aan die span wat verlede week 15-21 teen die Stormers verloor het. Riaan Viljoen (heelagter), Ebersohn (losskakel), Philip van der Walt, Frans Viljoen (flanke) en Martin Muller (slot) kry hul kans in die begin 15-tal en behoort nie teleur te stel nie.

Die veranderinge is gemaak in ‘n poging om die Cheetahs te help in hul soeke na hul eerste oorwinning in die Super Rugby Reeks. Hulle het reeds teen die Sharks, Bulls en Stormers verloor. Dit was veral in die laaste twee wedstryde waar die Cheetahs in ‘n posisie was om die wedstryd te wen, maar dit nie gedoen het nie.

Wat die kapteinskap betref, kon afrigter Naka Drotske nie vir ‘n beter speler as Strauss gegaan het nie, hoewel iemand soos Frans Viljoen ook nie ‘n slegte keuse is om die Vrystaters aan te voer nie.

Adriaan Strauss (beseer) was die eerste kaptein die afwesigheid van die beseerde Juan Smith, en toe laasgenoemde is sy eerste wedstryd weer ‘n besering opdoen het Olivier by hom oorgeneem, en hy maak die week plek vir Strauss wat hom die seisoen van die Sharks by die Cheetahs aangesluit het.

Strauss se goeie spel het gemaak dat hy einde verlede jaar deur die Springbok-afrigter Peter de Villiers na Europa ontbied is na ‘n besering in die Bok-agterlyn, en hy het nie teleurgestel nie.

Nie net gaan dit ‘n toets vir die Cheetahs wees teen ‘n begeesterde Lions-span nie, maar ook Strauss sal sy staal moet wys en sy kapteinskap regverdig.

Die Cheetahs-span is: Riaan Viljoen, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Andries Strauss (k), Rayno Benjamin, Sias Ebersohn, Sarel Pretorius, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Heinrich Brussouw, Wilhelm Steenkamp, Martin Muller, WP Nel, Ryno Barnes, Coenie Oosthuizen. Plaasvervangers: Skipper Badenhorst, Kobus Calldo, Francois Uys, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Naas Olivier, Fabian Juries.
 

More from Rugby

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.