International
Staatshoofde kom byeen in Rio de Janeiro vir Brics-beraad─── 11:00 Sun, 06 Jul 2025

Alle oë is op Rio de Janeiro, waar staatshoofde en afvaardigings van regoor die wêreld verwelkom gaan word vir die 17de Brics-beraad.
Die Brics-lande – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – sal in Brasilië saamkom vir hoëvlak-gesprekke tydens die beraad wat op 6 en 7 Julie 2025 plaasvind.
Brics het oorspronklik bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, maar het sedertdien uitgebrei om Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in te sluit. Die nuwe lede is tydens die Johannesburgse Brics-beraad, in Augustus 2023 in Suid-Afrika, genooi om aan te sluit.
????His Excellency President @CyrilRamaphosa departs from OR Tambo International Airport in Ekurhuleni for Rio de Janeiro, Federative Republic of Brazil, where he is on a working visit to attend the XVII BRICS Summit taking place from 6-7 July 2025.#BetterAfricaBetterWorld ?? pic.twitter.com/Fdy4drKyGM
— The Presidency ???? (@PresidencyZA) July 5, 2025
Brics bring belangrike opkomende ekonomieë bymekaar en verteenwoordig gesamentlik ongeveer 49,5% van die wêreldbevolking, sowat 40% van die wêreld se Bruto Binnelandse Produk (BBP), en ongeveer 26% van wêreldhandel.
In voorbereiding vir die komende geleentheid het Rio de Janeiro sekuriteitsmaatreëls opgeskerp. Militêre personeel is van Vrydag (4/7) af by strategiese plekke ontplooi, insluitend hotelle en museums.
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het Sondagoggend (6/7) in Rio de Janeiro aangekom, terwyl die Russiese president Vladimir Putin na verwagting virtueel sal deelneem.
Brasilië se voorsitterskap sal op twee prioriteite fokus
Brasilië het op 1 Januarie 2025 die Brics-voorsitterskap oorgeneem met die tema: “Versterking van Samewerking in die Globale Suide vir Meer Inklusiewe en Volhoubare Regering”.
Brasilië se voorsitterskap sal op twee prioriteite fokus, naamlik samewerking in die suide, en die Brics-vennootskappe vir sosiale, ekonomiese en omgewingsontwikkeling.
JUST IN: ???????? Iranian President Pezeshkian will not attend BRICS summit in Brazil. pic.twitter.com/LnmIi9dIBa
— BRICS News (@BRICSinfo) July 5, 2025
Die belangrikste prioriteite sluit in wêreldwye gesondheidsamewerking; handel, beleggings en finansies; klimaatsverandering; bestuur van kunsmatige intelligensie (KI); die bevordering van wêreldwye hervorming van die multilaterale vredes- en veiligheidsisteem; en institusionele ontwikkeling.
Brics streef daarna om wêreldinstellings soos die Verenigde Nasies, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Wêreldhandelsorganisasie te hervorm, met fokus op verbeterde legitimiteit, billikheid en doeltreffendheid.
At the BRICS Business Forum sidelines, Rio de Janeiro, I met with Dr Didit Ratam, Chair of Indonesia’s Chamber of Commerce. We explored opportunities for a stronger SA-Indonesia investment partnership and discussed Indonesia’s experience in critical mineral value addition. pic.twitter.com/IWuiiIJENb
— Zuko Godlimpi, MP (@MPGodlimpi) July 5, 2025
Tydens die opening van die Brics Besigheidsforum Saterdag (5/6), voor die Brics Presidensiële Beraad, het die finansiesministers van die groep die hervorming van die IMF bepleit, insluitend nuwe verspreiding van stemregte en die beëindiging van die tradisie van Europese bestuur as leiers.
Dié gesamentlike verklaring merk die eerste keer dat die Brics-lande saamgestem het oor ’n standpunt oor voorgestelde hervormings.
Hulle het ingestem om die voorstel by die IMF-oorsigvergadering in Desember te ondersteun, wat veranderinge aan ’n kwotastelsel sal bespreek wat bydraes en stemregte sal definieer.
OFM Nuus cg