On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Agt vroue hokkie toetse in Bloemfontein - Pietie nader rekord

───   10:02 Mon, 31 Jan 2011

Owen Kock

Bloemfontein. - Die Suid-Afrikaanse vroue hokkiespan kom vandag in die Rosestad aan vir agt toetse teen China en Belgie.

Al agt toetse word op die astrobaan van die Universiteit van die Vrystaat gespeel.

Die aandag sal egter op die doelskieter van formaat, Pietie Coetzee gefokus wees, wat nog 12 doele kort om die rekord van Natella Krasnikova van Rusland verbeter. Die rekord staan op 220, met Coetzee op 209, en dit is glad nie vergesog om te verwag dat Coetzee die rekord van alle tye kan verbeter in die agt toetse wat volg nie.

Die Suid-Afrikaners het in Desember hier in vyf toetse teen die wereldkampioen, Argentinie gespeel, waarvan hulle net een wedstryd kon wen. Suid-Afrika is tans 12de gekeur in die wereld, en China beklee die vierde plek. Belgie is in die 17de posisie.

Suid-Afrola is tans 5-1 voor in die reeks van 10 toetse teen China.

Die Suid-Afrikaanse vroue hokkiespan is: Marsha Marescia (kapt), Pietie Coetzee, Lisa Deetlefs, Roxy Turner (alma Suid-Gauteng), Marcelle Keet, Dani Forword (albei Grens), Mariette Rix, Kathleen Taylor, Shelley Russell, Jade Mayne, Tarryn Bright, Illse Davids, Hanli Hattingh, Pippa Rabey, Nicole de Vries (almal Westelike Provinsie), Lesle-Ann George, Hettie Oosthuizen, Izelle Lategan (almal Vrystaat), Kara Stella (KZN Binneland), Dirkie Chamberlain, Nicolene Terblanche, Kim Hubach, Sanani Mangisa (almal Northerns Blues), Kelly Madsen (KZN Coastal Raiders), Sulette Damons, Celia Evans (albei Noordwes). Afrigter: Giles Bonnet.

Die hokkie program van 1 tot 8 Februarie lyk soos volg (soos uitgereik op 24 Jan, 2010):

1 Feb: Suid-Afrika teen Belgie, 19h00
2 Feb: Suid-Afrika teen China, 19h00
3 Feb: Suid-Afrika teen China, 19h00
4 Feb: Suid-Afrika teen Belgie, 19h00
5 Feb: Suid-Afrika teen China, 17h00
6 Feb: Belgie teen China, 17h00
7 Feb: Suid-Afrika teen Belgie, 16h00
8 Feb: Suid-Afrika teen Belgie, 16h00

More from Other News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.