Human Interest
Mej SA: Bloem die plek om te wees vir Erfenisdag─── 16:55 Sun, 23 Sep 2012
Lani Fouché
Bloemfontein - Mej Suid-Afrika, Melinda Bam, het onlangs Bloemfontein besoek in aanloop tot nasionale erfenisdag wat môre landwyd gevier word.
Sy het aan OFM Nuus gesê Bloemfontein lê haar baie na aan die hart, juis omdat die Rosestad so ryk aan geskiedenis en kultuur is.
Erfenisdag word elke jaar sedert Suid-Afrika se oorgang na 'n nuwe kabinet in die negentigerjare op 24 September gevier, waartydens alle bevolkingsgroepe hul erfenis herdenk.
Hierdie dag staan deesdae ook as nasionale braaidag bekend.
Een van Bloemfontein se bekende akteurs, Alec Debbo - seun van die wyle komediant en sanger Al Debbo - sê in eg-Suid-Afrikaanse tradisie sal hy en sy familie môre tjops op die kole gaarmaak, en na sy pa verlang.
Debbo Junior beplan om 'n film - genaam "Lank sal hy lewe", aanstaande jaar in en om Bloemfontein te skiet, en daarmee groot silwerdoek-name na die Rosestad te bring.
.jpg)
Alec Debbo is lief vir braai. (Foto verskaf)

Melinda Bam: