Local News
Botsende psigiatriese getuienis oor Maartens van der Merwe─── 14:58 Mon, 29 Oct 2012
Lani Fouché
Virginia - Die Welkom-moordverdagte Maartens van der Merwe sal môre weer in die Rondgaande hof op Virginia wees wanneer argumente om sy verhoorbaarheid vas te stel, voortgaan.
Van der Merwe, wat verdink word van die gru-moord op 23-jarige Michael van Eck in ‘n Welkom-begrafplaas verlede jaar, is vroeër deur die Bloemfonteinse Hooggeregshof geskik verklaar om verhoor te word, maar botsende psigiatriese verslae het die hof genoop om nou te herbesin.
Drie psigiatriese deskundiges het vandag getuig.
Die hof het onder meer gehoor dat Van der Merwe ‘n uitblink-leerder op skool was, maar dat hy kontak met die realiteit verloor het toe hy in graad 10 as ‘n skisofreen gediagnoseer is.
Prof Meryll Vorster van die Universitet van Witwatersrand het egter gesê hy is stabiel.
‘n Vierde psigiater, Carla Kotze, sal na verwagting môre getuig.