On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Derduisende besoekers by jaarlikse Ficksburg Kersiefees

───   16:36 Sat, 17 Nov 2012

Lani Fouché

Ficksburg - Derduisende besoekers van regoor die land is tans in Ficksburg in die Oos-Vrystaat vir die jaarlikse Kersiefees. 'n Organiseerder, Gavin Boy, se vanjaar se getalle lyk uitstekend. Die LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Mamiki Qabathe, besoek ook vandag die fees. Die fees is jaarliks 'n groot ekonomiese inspuiting vir Ficksburg en sy omliggende dorpe, en is die oudste oesfees in Suid-Afrika. Die eerste fees is in 1968 gehou wat deur sowat 25 000 mense bygewoon is. Hoewel kersieboere vroeër vanjaar aangedui het dat hul oeste goed lyk, deel almal nie hierdie sentiment nie. Sylvia Grobbelaar van Welgelegen Guest Farm se hulle het 'n uitdagende oesseisoen gehad.



Sylvia Grobbelaar en Weimar Pfihl van Welgelegen Guest Farm by die Kersiefees. Foto: Lani Fouché

Podcasts

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.