On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

Man vas vir moord op vrou in Riebeeckstad

───   06:53 Fri, 08 Feb 2013

Lani Fouché -

Welkom - Die polisie het 'n 28-jarige man aangekeer in verband met die moord op 'n vrou in Riebeeckstad in Welkom gistermiddag. Vrystaatse polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê hy is gisternag in Thabong  aangekeer terwyl hy op die vlug was. 38-jarige Carmen van der Westhuizen is gister in haar huis op die hoek van Berthold en McClean-straat doodgesteek. Sy het haar kinders gisteroggend by die skool afgelaai. Toe sy hulle nie die middag weer opgelaai het nie, het die skool haar man geskakel. Hy het huis toe gery en op haar liggaam binne die huis afgekom. Mbambo sê dit lyk nie asof enigiets uit die huis gebuit is nie. Die verdagte is tans in polisie-aanhouding en sal waarskynlik Maandag in die stad se landdroshof verskyn. Mbambo sê die polisie vermoed nie in hierdie stadium dat nog verdagtes betrokke was nie.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.