Local News
BFN polisieman oorhandig homself aan Valke─── 08:50 Sat, 16 Mar 2013
Bloemfontein - 'n Bloemfonteinse polisiekonstabel wat al sedert Januarie deur die Valke gesoek word, het homself gister aan die polisie oorhandig.
Die 35-jarige Nkosi George Busakwe het verdwyn kort na 'n huisinbraak op 27 Januarie toe sy koeëlvaste baadjie naby die toneel gevind is. Drie mans wat hulself as Parkweg polisie speurders voorgehou het, het na bewering in 'n Bloemfonteinse woonstel ingestorm en gesê hulle is besig met 'n polisieondersoek. Nadat hulle die inwoners vasgemaak het, het hulle op die vlug geslaan met R60 000 kontant wat in die woonstel gekry is.
Busakwe sal Maandag in die Bloemfontein Landdroshof verskyn.