On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Yellow Door

Hennie van Greunen deur die sleutelgat

───   06:00 Fri, 26 Apr 2013

Hennie van Greunen is ‘n hoogs suksesvolle en veelbekroonde skrywer, regisseur, vertaler en vervaardiger. Gehore stroom na sy werk by al wat ‘n kunstefees is. En boonop is hy ‘n plat-op-die-aarde mens. Beskeie oor sy vele talente.


Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
Gehoor: woorde en musiek is so deel van my lewe dat ek nie myself sonder my gehoor kan indink nie. Gedigte, dialoog op 'n verhoog, die melodie en interpretasie van songs, hierdie is subtiele verskille wat ons herken omdat ons in 'n sekere plek, in 'n sekere tyd leef. Nooit weer in die geskiedenis van die heelal gaan jy dinge hoor soos jy dit nou, in jou kop, in jou tyd hoor nie.

Beste kinderherinnering
Lees en swem. Ek het grootgeword in Mosselbaai en die biblioteek en die see het my lewe 1000de male gered. Ek het elke boek in die bib gelees en saam met elke brander by Die Poort by Blougat afgeduik.

Death row maaltyd
Soetpatat, snoek, bruin brood, korrelkonfyt.

Jou grootste tekortkoming
Soveel dinge maak my opgewonde, dis vir my moeilik om op een projek op 'n slag te fokus. Dis 'n les wat ek nog moet leer.

Kosbaarste besitting
My boeke. Maar die mense in my lewe, en Timmy en Gus (my hond en kat) trump enige besittings wat ek het.

Wat verveel jou
Pretensie.

Die trotsste oomblik van jou lewe
Het nog nie gebeur nie.

Noem een ondeug
Die afgelope paar jaar het ek 'n ontsettende slegte verhouding begin opbou met 'n verskeidenheid roomyse. Veral Haagen Dasz.

Wat maak jou bang
Ek begin al hoe meer dink die een lewe wat ons het, is al wat ons kry. Ek is bang ek is reg.

In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Italië, op die Amalfi kus. Dit is eenvoudig van die mooiste plekke wat ek in my hele lewe gesien het. Mens kan asem haal tot in jou tone!

Hennie is betrokke as vervaardiger, vertaler en as regisseur van Die Leo's, die treffer Broadway komedie met Sandra Prinsloo, Tobie Cronje, Jacques Theron, Erica Wessels, Gideon Lombard en Petro van den Heever; asook Die Monster in die Gang, met Waldi Schultz, Anthea Thompson, Greta Pietersen en Wessel Pretorius. Albei produksies toer tans die land vol. Hulle kuier ook in Julie by Vryfees in Bloemfontein.


More from Yellow Door

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.