On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Fotobeeld: OVK hou weer Jongboerdag

───   10:33 Fri, 16 Aug 2013

OVK het vandeesweek sy jaarlikse Jongboerdag gehou. Vanjaar se Jongboerdag, wat saam met Vrystaat Landbou se jongboerkomitee en Molatek, aangebied is, was op Nicky du Plooy se plaas Soetmelksvlei by Jacobsdal. Dirk Kok het die foto's geneem.
 
 
 
Van links is Stéfan Oberholzer, besturende direkteur van OVK, Johan Scholtz, bestuurder: meganisasie, Herman van Rensburg van Arlington, lid van VL se jongboerkomitee en 'n finalis in Graan SA se jaarlikse kompetisie vir Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar, en Lutz Hellmuth van Agri Friend op Douglas.
 
 
 
 
 
Riël Deysel (regs), van Falcon Agricultural Equipment op Oudtshoorn, verduidelik vir Herman van Rensburg van Arlington hoe werk hierdie hoëspoed-vlakverwerkingsmasjien.
 
 
Daar gaan hy. Dit was 'n praktiese dag waarop boere kon sien hoe word dit gedoen.
 
 
 
Penny Myburgh (middel), van OVK op Hopetown, saam met Primrose Madende (links) en Yondela Mahlathi. Primrose en Yondela is studente in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat.
 
 
 
Van links is Nicky du Plooy, gasheer vir die Jongboerdag op Soetmelksblei, sy swaer en kollega, die oudslot van die Pumas en Verre-Noord, Rassie Oberholzer, OVK se Sulene Oosthuizen, en Klatsi Maclachlan, vee- en saaiboer van Jacobsdal.
 
 
 
Die Cheetahs se Tewis de Bruin en Johan Goosen was ook daar. Van links is Henk Vermeulen, hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, De Bruin, Corlene Venter, landboustudent aan die Universiteit van die Vrystaat, Goosen en Wessel Hattingh, voorsitter van Vrystaat Landbou se jongboerkomitee. 
 
 
 
Op pad na Flip Schutte van die Agridale-trust se voerkraal langs Soetmelksvlei. Molatek se Johan Mouton het by die voerkraal 'n lesing gegee oor goeie voerkraalbestuur.
 
 
 
Landboustudente van die Universiteit van die Vrystaat op die Jongboerdag. Van links is Neil Menezes van Jacobsdal, Stephan Schoeman van Brits, Alex Bierman van Johannesburg, en Ronald Niksch van Bothaville. Heel regs is Herman Lombard van Newcastle, navorsingsassistent aan die UV se departement landbou-ekonomie en groepleier vir die dag.
 
 
 
Leon Trollip, skaapboer van Koffiefontein, en sy vriendin, Natasha van Heerden, sakevrou van Bloemfontein.
 
 
 
Die 4-jarige Johan Bekker van Jacobsdal het die Jongboerdag saam met sy pa, Hennie, en Oupa, Johan sr., bygewoon.
 
 
Erika van Zyl en pa Abraham, van Orania, saam met Molatek se Johan Mouton (regs). 
 
 
 
Hendré du Plessis, Herman Groenewald, Bradley Thuynsma en Gideon Kriel van die   Hoër Landbouskool Landboudal. Hulle is almal boerseuns van Jacobsdal.
 
 
 
Ruan Burger (links) en Hendrie Brits van Griekwastad. Hulle is albei leerlinge aan die Hoër Landbouskool Landboudal op Jacobsdal.
 
 
 
 
Op Soetmelksvlei staan die nuwe koring reeds groen.
 
 
 
 
 
 
 
 
 

More from News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.