On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

VF Plus besoek Bloemfontein

───   06:49 Sun, 05 May 2019

VF Plus besoek Bloemfontein | News Article
VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald FOTO: Verskaf

Die VF Plus het vandag sy verkiesingsveldtog in Bloemfontein afgesluit, waar die leier, dr. Pieter Groenewald, vir ‘n laaste keer voor die algemene verkiesing op Woensdag 8 Mei kiesers besoek het.


VF Plus lede en ondersteuners het ook bemarkingsmateriaal en pamflette oor die party se beleid en planne vir Suid-Afrika versprei.


Die leier het verskeie kiesers aan huis besoek in onder meer Fichardtpark, Fauna, Fleurdal, Langenhovenpark en Heidedal in Bloemfontein.


In Heidedal het kiesers die haglike omstandighede waarin inwoners moet leef aan die leier uitgewys.  Dit bevestig dat die ANC-regering minderheidsgroepe, soos bruinmense, opsy geskuif het.  

Huise wat uitmekaar val, gebrekkige dienslewering, 'n afgebreekte kliniek, strate en infrastruktuur in ‘n jammerlike toestand, werkloosheid en misdaad wat hoogty vier, is inwoners van Heidedal se daaglikse realiteit.  

In die afgelope 25 jaar het Heidedal nog slegs agteruitgang gesien en toestande het bloot versleg onder DA-leierskap sedert die 2016 munisipale verkiesing.


Die VF Plus bied ware oplossings vir Suid-Afrika se probleme en al meer mense begin dit besef.  Die VF Plus is ‘n moderne party vir almal wat gelyke geleenthede en ‘n gesonde ekonomie vir Suid-Afrika wil hê.  

Die VF Plus is die groeiende alternatief en dit sal by die stembus vanjaar bevestig word. Dr. Groenewald het vrywilligers en almal wat tydens die VF Plus se verkiesingsveldtog hard gewerk het om die party se boodskap van hoop vir 'n beter toekoms uit te dra, bedank.

Alle peilings voorspel dat die VF Plus groot groei op 8 Mei gaan geniet. Die VF Plus het 'n positiewe veldtog landwyd gevoer om vir kiesers te wys dat hy die groeiende alternatief is wat werklike oplossings vir Suid-Afrika se probleme kan bied.


Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.