On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#16DaysofActivism begin op gewelddadige noot

───   CATHY DLODLO 08:53 Fri, 03 Dec 2021

#16DaysofActivism begin op gewelddadige noot | News Article

Die 16 Dae van Aktivisime teen geweld teenoor vroue en kinders het in die Vrystaat op ‘n gewelddadige noot afgeskop toe ‘n polisieman sy vriendin, en toe homself geskiet het.

Die nasionale woordvoerder van die polisie waghond-organisasie, die Onafhanklike Ondersoek-direktoraat (OPOD), Grace Langa, sê die man in blou van Lusaka, in Parys in die Vrystaat, en sy vriendin is oorlede. 

Die skietery het plaasgevind terwyl die polisiebeampte aan diens was.

Die name van die polisiebeampte en sy vriendin is nog nie bekend nie. Langa sê die polisiebeampte het met ‘n amptelike voertuig by sy ouerhuis aangekom en op sy vriendin losgebrand. ‘n Voorlopige ondersoek het gevind dat hy haar sowat nege keer met sy dienspistool geskiet. 

Langa sê toe sy broer die skote hoor en ondersoek wou instel is daar ook ‘n skoot in sy rigting afgevuur. Daarna het hy die vuurwapen op homself gerig en selfmoord gepleeg. 

Die ondersoek duur voort.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.