Local News
VFPlus hou protesaksie oor BFN-waterkrisis─── SABRINA SABRINA 06:46 Tue, 28 Jan 2014
Sabrina Dean
Bloemfontein - Die Vryheidsfront Plus, tesame met die VFPlus Jeug hou vanoggend 'n protesaksie oor die waterkrisis in Bloemfontein.
Inwoners van die stad se noordelike woongebiede is sedert Vrydag sonder water.
Die party voer aan dat die munisipaliteit versuim sy plig om die infrastruktuur te herstel en is dus direk verantwoordelik vir die huidige krisis.
Wouter Wessels, lid van die party se provinsiale wetgewer, sê die protesaksie begin vanoggend om 07:30 by die Mangaung Munisipale kantore, oftewel Glaspaleis, oorkant die Bloemfontein Stadsaal.
Intussen het die Mangaung Munisipaliteit laat gister in 'n verklaring gesê die waterkrisis behoort van vandag af te verbeter.
Intussen het die Mangaung Munisipaliteit laat gister in 'n verklaring gesê die waterkrisis behoort van vandag af te verbeter.
Volgens woordvoerder, Qondile Khedama, het die stad se bestuurder, Sibongile Mazibuko gister 'n ter plaatse besoek aan Mockesdam en Maselspoort gebring.
Hy sê daar is onder andere bevind dat sommige boere in die gebied water onwettig tussen Mockesdam en Maselspoort onttrek wat veroorsaak dat watervlakke nie teen die verwagte tempo styg nie.
Khedama het gesê hul prokureurs is aangesê om 'n hofinterdik te bekom om die kwessie aan te spreek.
Wouter Wessels: