Agriculture
Boere help nadat weerlig amper hele kudde uitwis─── 16:52 Wed, 12 Feb 2014
Dirk Kok - In Januarie het 'n boer van Swartruggens in Noordwes, Victor Badenhorst, enorme skade gely toe 'n enkele weerligstraal 65 van sy vleisbeeste met een slag vrekgeslaan het. Agri-Noordwes se Naudé Pienaar en medeboere van Noordwes en van Parys in die Vrystaat het onder mekaar vir Badenhorst 42 verse en koeie bymekaargemaak.
Gister is dié diere na om op die plaas gebring.
Badenhorst kan ook vir hom 'n bul of twee by medeboere gaan uitsoek.
Hy sê hy is oorweldig deur die welwillendheid van die ander boere. Dit help hom weer op sy voete ná sy skielike skade van derduisende rande.

'n Dankbare Victor Badenhorst by die beeste wat medeboere aan hom geskenk het. Foto: Annelie Coleman, Farmer's Weekly

Altesaam 65 van Victor Badenhorst se beeste is in Januarie deur weerlig doodgeslaan.
Victor Badenhorst: