National
Chris Hani-moordenaars in die tronk aangeval─── 05:48 Thu, 27 Feb 2014
Pretoria - Die departement van korrektiewe dienste het Woensdag bevestig dat Clive Derby-Lewis (78) en Janusz Walus in die gevangenis aangeval is.
“Derby-Lewis en Walus is Woensdagmiddag in die Pretoria Sentraal-gevangenis deur 'n ander gevangene aangeval en met skerp voorwerpe gesteek,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement aan Maroela Media bevestig. “In hierdie stadium lyk dit of een gevangene hulle met 'n kombuislepel aangeval het.”
Wolela sê die twee mans het beserings op hul hande en koppe opgedoen en hulle is deur die tronk se verpleegster in die kliniek behandel. Hulle toestand is nog nie bekend nie.
Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê as Derby-Lewis se lewe wel in gevaar is, gaan hulle 'n dringende hofbevel bekom om hom na 'n hospitaal oor te plaas waar hy beter mediese behandeling kan ontvang.
Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die departement en die polisie ondersoek die voorval.
Derby-Lewis is in 1993 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op Hani. Hy het 'n vuurwapen gereël vir Walus, wat tans dieselfde vonnis uitdien. Altwee is aanvanklik doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf in Suid-Afrika afgeskaf is.
Derby-Lewis het glo kanker en het in 2011 en 2012 aansoek gedoen vir mediese parool, maar dit is afgekeur.

Sapa; Maroela Media