On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Local News

Hoopstad-boer en vrou helder oordag beroof

───   16:39 Mon, 07 Apr 2014

Christal-Lize Muller

Hoopstad - Die polisie op Hoopstad in die Vrystaat soek na twee mans wat gister ‘n 62-jarige boer en sy 58-jarige vrou in hul plaashuis buite die dorp vasgebind en beroof het.
 
Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê die twee gewapende mans het Chris en Elize Bouwer van die plaas Smitsrus omstreeks 14:30 oorval. Die rowers was in besit van ‘n vuurwapen en ‘n mes.
 
Die epgaar se seun, Lood, wat naby sy ouers se plaas boer, sê die booswigte het sy pa buite die huis verras toe hy ‘n waterpomp wou afskakel.

Volgens hom kon sy ma haarself daarna loswikkel en het hulp ontbied.
 
Bouwer sê hy is dankbaar dat sy ouers fisies ongedeerd daarvan afgekom het.
 
Die rowers het met twee vuurwapens, geld, ‘n selfoon en die Bouwers se Toyota Land Cruiser gevlug.


Podcasts

Lood Bouwer:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.