On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Local News

Man in hof oor kaalfoto's van meisies

───   06:40 Tue, 05 Aug 2014

Rustenburg - 'n Man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto's van hulle te kry, het Maandag weer in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.

Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde moes gevonnis word maar die saak is uitgestel sodat dit na die streekshof verwys kan word.

Anthony Louw, 'n konstruksiewerker, het vroeër skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie.

Daar is seksueel aanloklike en eksplisiete foto's van jong meisies in Louw se besit gevind. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Louw het glo die name “Shivon”, “Chivonne” of “Chevonne” gebruik om geskeide vrouens en hul dogters op BBM en WhatsApp te bevriend.

Hy het hulle gevlei en die meisies het later vir hom foto's gestuur van waar hulle kaal poseer. Van die foto's is glo voor skole in die Rustenburg-omgewing se naamborde geneem.

Louw is na 'n wenk van die publiek in hegtenis geneem.

Die saak is tot 27 Augustus uitgestel wanneer dit in die streekshof aangehoor sal word.
 
Sapa 

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.