Business
Big Mac wys rand is ondergewaardeer─── DANE DANE 14:14 Fri, 20 Feb 2015
Potchefstroom - Die onlangse vrystelling van die tydskrif The Economist se Big Mac Indeks vir 2015 wys dat die Suid-Afrikaanse rand ondergewaardeer, en die land se uitvoerprodukte nie mededingend is nie.
Waldo Krugell, ’n ekonoom aan die NWU se Potchefstroomkampus, verduidelik dat wanneer ‘n produk op wêreldmarkte verhandel word, dit in elke land dieselfde prys in dollar behoort te hê.
The Economist gebruik McDonalds se Big Mac, ’n feitlik identiese produk wat in baie lande beskikbaar is, om afleidings te maak oor wisselkoerse.
Wanneer die prys van ‘n Big Mac in Suid-Afrika - uitgedruk in dollar - verskil van die prys in die VSA, kan dit as maatstaf van die moontlike oor- of onderwaardasie van die wisselkoers beskou word.
In Suid-Afrika kos ’n Big Mac R25.50, wat teen die wisselkoers van R11.48 per dollar dus omskakel na ongeveer $2.22. In die VSA kos ’n Big Mac $4.79 en daarom is die rand volgens Krugell ongeveer 53% onderwaardeer.
Dane Beisheim/OFM-nuus
Dane Beisheim/OFM-nuus
Waldo Krugell: