On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Olebogeng
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

National

Meer as driekwart van totale hoeveelheid stemme in Suid-Afrika reeds getel

───   14:47 Thu, 04 Aug 2016

Meer as driekwart van totale hoeveelheid stemme in Suid-Afrika reeds getel | News Article

Pretoria - Meer as 'n driekwart van die totale stemme in die plaaslike regeringsverkiesing is reeds getel, maar kan nog nie bekendgemaak word nie omdat dit eers geoudit en gekontroleer moet word.

OVK-woordvoerder, Mosotho Moepya, sê teen 11:00 vanoggend was 77.8% van die totale hoeveelheid stemme in Suid-Afrika getel. 

Die oudit- en kontroleringsproses is ook wat die bekendmaking van die eThekwini-metro se uitslae tot dusver vertraag. 

Alhoewel die ANC steeds algeheel die meeste stemme tot dusver verwerf het, het die party egter steun in baie sleutelmunisipaliteite verloor. 

In die Noord-Kaap is 99% van stemme getel. Slegs 'n paar wyke in die Sol Plaatje-munisipaliteit is nog uitstaande. 

Sowat 55% stemme is ook reeds in Noordwes getel. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.