The Delightful Blog
Afternoon Delight: Deon Meyer gesels saam oor KOORS─── 13:39 Wed, 10 Aug 2016

KOORS is nou beskikbaar!
Deon Meyer is verseker een van Suid-Afrika se gunsteling skrywers. Vandag op die Afternoon Delight gesels Deon oor sy splinternuwe boek, KOORS.
KOORS speel hoofsaaklik af by die dorpie Vanderkloof, langs die Vanderkloofdam in die Oranjerivier.
Dit is die plek wat die hoofkarakter Nico Storm se pa kies om 'n nuwe gemeenskap te vestig, nadat 'n virus meer as negentig persent van die wêreld se bevolking uitgewis het.
Twee van die grootste redes waarom Willem Storm Vanderkloof gekies het, is omdat die dorp hoog in die heuwels lê, en maklik verdedig kan word, en omdat dit oor hidro-elektrisiteit beskik.
[BRON]
Luister hier na die onderhoud:
Vir meer inligting oor KOORS, kliek op die foto:
Kliek hier vir Deon se ongelooflike navorsingsfotos.
André het ook in Januarie met Deon gesels, hier is die skakel.