On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

World News

Ministers vergader oor nuwe leierskap van SAOG

───   08:44 Sun, 12 Feb 2012

Ministers vergader oor nuwe leierskap van SAOG | News Article

Suider-Afrikaanse ministers van buitelandse sake het gister byeengekom om hul strategie te bespreek na dié groep se kandidaat vir die voorsitterskap van die AU-kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, onlangs nie genoeg stemme kon werf nie. Die kommissie is die uitvoerende sekretariaat van die AU. Dié vergadering van die SAOG is op kort kennisgewing belê ná Dlamini-Zuma nie daarin kon slaag om haar teenstander, Jean Ping, in 'n geheime stemming om dié posisie uit te stof nie. Jakkie Cilliers, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Sekerheidstudies, het vroeër by die spitsberaad van die AU in Ethiopië gesê die uitslag van dié stemming is 'n teken dat Suid-Afrika “se mag op die vasteland perke het”.

AFP

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.